BLOGS
V:
Hoe kan ek my inskrywings redigeer of skrap?
A: Gaan na die inskrywing en maak seker dat jy aangeteken is. Let op die twee klein ikoone langs aan elke inskrywing. Die linker een sal jou toelaat om die inskrywing te redigeer, en die regter een sal die inskrywing skrap.
V:
Hoe skrap ek my hele blog?
A: Om jou hele blog te skrap moet jy ons blogs span kontak met jou blog se naam en jou bebruikers-naam. Kliek op die "Contact Us" link onderlangs op enige 24.com bladsy om jou versoek te indien.
V:
Hoe kan ek misbruik aanmeld?
A: As 'n inskrywing beledigend is kan jy dit aan die 24.com span meld. Kliek net op die "Meld Misbruik Aan" link onderlangs die inskrywing. Elke inskrywing het so 'n link.
V:
Waar kan ek my ikoon en my gebruikersprofiel verander?
A: Om jou ikoon of gebruikersprofiel to verander, kliek op "Sien gebruikersprofiel" op die linkerkant van die skerm (maak eers seker dat jy aangeteken is). Kliek nou op die "redigeer" link bo regs aan. Moenie vergeet om jou veranderings stoor.
V:
Wat is merkers en hoe gebruik jy hulle?
A: Merkers is lyste van blog onderwerpe. Dis 'n maklike manier om jou blogs te organiseer. Elke merker moet deur 'n komma gevolg word.
V:
Waar voeg ek my merkers by?
A: Merkers is bygevoeg onderkant die blog redigeer-ruimte. As jy op die “Skep Inskrywing” knoppie kliek sal jy na die redigeer-ruimte geneem word. Gaan na die onderste deel van die bladsy om die merkers vorm te vind.
V:
Hoe gebruik ek merkers?
A: Elke blog het 'n My Merkers knoppie op die linkerkant van die skerm. As jy hierdie knoppie kliek sal jy na gevat word na 'n lys van al die merkers wat op die blog gebruik. As jy op 'n spesifieke merker kliek sal jy 'n lys van al die verwante inskrywings sien. Die Merker Wolk op die blogs tuisblad is 'n lys van die mees gewilde merkers van die hele blog sisteem. As jy op een van hierdie merkers kliek, sal jy al die blogs wat die merker gebruik het sien.
V:
Wat is 'n Blog-Rol?
A: Die blog rol is 'n lys van jou gunsteling blogs. Jy kan na hartelus byvoeg, sonder beperking. Wanneer jy iemand op jou Blog Roll insluit, word dit outomaties aangedui op hul "lys van ondersteuners".
V:
Hoe voeg ek iemand by my Blog-Rol?
A: Maak eers seker dat jy aangeteken is. Nou besoek die blog wat jy tot jou Blog-Rol wil by voeg en kliek op die "Voeg By Tot Blog-Rol" knoppie. Die knoppie is op die linkerkant van die skerm.
V:
Hoe verwyder ek iemand van my Blog-Rol af?
A: Om iemand van jou Blog-Rol to verwyder, besoek hulle blog en kliek op die Skrap Van Blog-Rol knoppie op die linkerkant van die skerm. Maak eers seker dat jy aangeteken is.
Indien jy 'n vraag het wat jy graag beantwoord wil hê, gebruik asseblief die "kontak ons" skakel onder aan hierdie bladsy.
 

Legal notices  |  Advertise on 24.com  |  Contact Us